JULIAN JANSEN is oorspronklik van Lusikisiki in die Oos-Kaap en het in die Strand in die Wes-Kaap grootgeword. Hy is 'n oudonderwyser en het agtien jaar lank Aardrykskunde en Geskiedenis aan twee H...mehr sehenJULIAN JANSEN is oorspronklik van Lusikisiki in die Oos-Kaap en het in die Strand in die Wes-Kaap grootgeword. Hy is 'n oudonderwyser en het agtien jaar lank Aardrykskunde en Geskiedenis aan twee Helderbergse skole onderrig. Daar het hy 'n positiewe verandering in "stout" leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle op berguitstappies liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope tien jaar is hy 'n verslaggewer in die Sondagkoerant Rapport se Kaapstadse kantoor - met 'n kort onderbreking in 2009 toe hy die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder en toespraakskrywer was. In 2010 kry hy eervolle vermelding in die Mondi Shanduka-pryse se afdeling vir harde nuus. Dit was vir sy deel in 'n span wat berig het oor die moord op die Britse bruid Anni Hindocha en die aanklagte teen haar man, Shrien Dewani. In 2013 ontvang hy Rapport se Spesiale Redakteursprys vir sy beriggewing. Hy fokus meestal op misdaadberiggewing, maar geniet dit ook om stories te skryf oor die triomf van die menslike gees oor teëspoed asook oor gewone mense wat ongewone dinge doen.weniger sehen