Christoffel Coetzee is op 10 November 1945 in die Vrystaat gebore. Hy het aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch gestudee...mehr sehenChristoffel Coetzee is op 10 November 1945 in die Vrystaat gebore. Hy het aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Hy het ’n meestersgraad in filosofie (cum laude) verwerf. Hy was ’n Rhodes-beurswenner en het aan die Universiteit van Oxford studeer. Christoffel het vir ’n tyd lank as ’n navorsingsassistent aan die London School of Economics gewerk. Hy was daarna ook joernalis en universiteitsdosent. As Namibiese burger het hy jare lank in Windhoek gewerk. Hy is op 17 Julie 1999 in Windhoek oorlede. Die jaar voor sy dood was Coetzee ’n dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Noorde.
Sy debuutroman, Op soek na generaal Mannetjies Mentz, het in 1998 verskyn. Hy was die algehele wenner van De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd en het ook die Eugène Marais- en M-Net-prys vir dié roman ontvang.weniger sehen