My naam is Joey Haywood. Ek is op 7 Oktober 1965 in die Ooskaapse dorp, Queenstown, gebore. As jong dogter was ek baie lief vir lees en het altyd daarvan gehou om my eie stories op...mehr sehenMy naam is Joey Haywood. Ek is op 7 Oktober 1965 in die Ooskaapse dorp, Queenstown, gebore. As jong dogter was ek baie lief vir lees en het altyd daarvan gehou om my eie stories op te maak. Ek het altyd my klasmaats gehelp met hul opstelle en teen die tyd dat ek my eie opstel moes skryf, het my idees opgedroog, wat swak punte veroorsaak het. Ek het my droom om te skryf aan een van my Afrikaanse onnies vertel en sy het gese dat ek gladnie die talent daarvoor het nie. Ek het haar geglo, want onnies is mos nooit verkeerd nie, of hoe? Wel, ek het haar verkeerd bewys! Ek het al 3 boeke geskryf en ook 'n digbundel.
Met my grootword jare tot volwassenheid, het ek baie moeilike en seer tye beleef. My grootste seer en vernedering het egter begin toe ek 44 jaar oud geword het. Ek het, agv 'n pitsweer, 'n kolostomiesakkie gekry. Vir my was en is dit steeds, die grootste seer en vernedering in my lewe. Ek vertel MY ondervinding enervaringe met 'n kolostomiesakkie. My boodskap aan almal wat die storie lees, is om nooit moed op te gee nie, al gaan dinge hoe moeilik. Reik jou hand uit na Bo en God sal jou uitlig uit die moeilike situasie waarin jy is. Niks is vir God te mooeilik of onmoontlik nie.weniger sehen