Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe (1996), is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon sowel as vir die M-Net-prys benoem. Ander werke sluit in: Paartie by Jake’s (...mehr sehenJaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe (1996), is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon sowel as vir die M-Net-prys benoem. Ander werke sluit in: Paartie by Jake’s (1997), Die avonture van Pieter Francken (2005), Twee dae in Mei (2007), Ed van Inligtingstelsels (2009) en Die grysland-verblyf (2010). Van Jaco se kortverhale word in Sarie gepubliseer en hy doen ook vertalings na Engels, o.m. Kleinboer se veelbesproke roman Kontrei, onder die titel Midnight missionary (Zebra Press, 2007). Sy roman, Verstevlei, het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, 2012. Siobhán van die sirkus is Jaco se eerste jeugroman.weniger sehen