Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as...mehr sehenEsta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon.
In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981).
Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.weniger sehen